“’n Hawe word gebou
om veiligheid aan ‘n boot te verskaf, maar ‘n boot word nie gebou om in die
hawe te bly nie”.
“Die mens is so
geskape dat hy ongerief en pyn gou vergeet, terwyl aangename herinneringe vir
ewig bly!”.
Dit is noodsaaklik
om enige toer deeglik na te vors en goed ingeligte besluite te neem. Dit is
byvoorbeeld absoluut absurd om byvoorbeeld ‘n ski vakansie in die noordelkike
halfrond te beplan gedurende hulle somers. Net so is daar oorwegings vir toere
in Afrika ook. Smaak verskil en so ook die behoeftes wat jy aan ‘n vakansie
stel. Sommige individue verkies die veiligheid en gemak van Hotelle of Kamp
Huisies terwyl ander juis avontuur en ‘n bietjie adrenalien najaag. Dan is daar
die oorweging van die seisoene en tradisioneel word wildparke in die koeler
maande deur die meerderheid verkies. Aan die einde is dit egter die ‘aangename”
herrinneringe wat bepalend is.
‘n Week se kamp by
Khutsi, Sundays Pan en Passarge Pan is reeds agter die rug. Ons skuil nou by
Litiahau kamp in Sentraal Kalaharie onder die afdak van die Oz Tent. Die
temperatuur is hoog in die veertigs en die die wind se go is ook uitgebrand.
Nie Johan Zwiegers of ek praat ‘n woord met mekaar nie. Aan die boom langs die
tent hang my plastieksak “stort” en wannneer ons onself genoeg kan motiveer om
op te staan dan gaan “koel” jy maar jouself af met die lou warm water in die
“stort”. Om alles te kroon, is ons gekoopte drinkwater op en moet ons maar ons
dors les met onsmaaklike water wat ons oppad in die ingeboude tenk van die
voertuig getap het (einlik net vir opwas doeleindes). Ons is op die rand van
moedeloosheid. Oor een ding is ons dit eens. Ons sal nie gou weer in die somer in
Sentraal Kalaharie kom ontspan nie. Uitgebrand! Biltong!
Kwalik ‘n maand later (nadat ons
liggaamstemperarture weer “normaal” bereik het), is die gevoel, wonderbaarlik,
“daai was nou lekker ons moet definitief weer gaan”! Die hitte vergete.
Trouens, soveel so dat ons in November van dieselfde jaar weer in die Kalaharie
(Kalaghadi Oorgrens Park) kuier met die son wat weer dooierus op ons vat met
temperature diep in die veertigs.
Ons bly aanvanklik
by Rooiputs en Polentswa aan die Botswana kant.
Die hitte en
beperkte water van die omgewing veroorsaak egter dat ons, in die sweet van ons
aangesigte, by watergate en onder koeltebome binne effens meer as ‘n week 36
leeus, nege Jagluiperde, ‘n luiperd, ‘n menigte van roofvoȅls, ratels en jakkalse, wat ons vergas deur jag te maak op kelkiewyne
en duiwe, sien. By Mata Mata, koel ons weereens gereeld af deur
sommer met klere en al in die swembad in te val. In teenstelling met Botswana
is die Kalahari relatief droog gedurende daardie maande. Die feit dat ons
eersdaags weer gedurende November in die Kalahari gaan kuier kan ‘n persepsie
skep dat die absurde optredes moet beteken dat ons mal is oor die hitte!
Verkeerde gevolgtrekking! Die seeninge van die ervarings, fotografiese
geleenthede (en selfs die besoeke aan jou kamp! deur groot roofdiere) in die Kalahari gedurende die
hoȅ temperature oortref by verre die “bietjie” ongemak van die hitte.
Ek sal weer en weer gaan.
‘n Mens
besoek nie Botswana in die reenseisoen nie” is die algemene raad wat ons kry,
maar op Kersdag ry ons saam met ons
kinders (Solms en Alitha) Botswana binne. Ons ry aan die Weste kant op en gaan
deur die Caprivi Botswana weer in die noorde binne. By ons kamp naby Kasane
staan modder besmeerde 4X4’s – mense wat vanuit die suide (Moremi en Savuti)
tot hier gery het. Ons kry baie raad en word ook (bangmaak)foto’s gewys van wat
vir ons voorlê. Dit is die reenseisoen
en ons is verseker dat ons gaan vassit, maar ons het die goeie raad gekry om
onder sulke omstandighede net nie paniekerig te raak
nie, maar om eenvoudig uit te klim jou graaf op te neem en pad te bou. Goeie raad want vassit het ons en die raad het
gewerk. Ons ry gly, gly deur ‘n eindelose klomp (soms verbasend diep) poele
(wat aldus Alitha) dikwels so onskuldig op die oppervlakte vertoon.Die wereld
vanaf Chobe en Savuti tot
by Moremi is ‘n ware paradys. Wild
is volop en olifante kom wei selfs reg deur ons kamp. ‘n Belewenis. By Savuti dwing die son ons om bykans heel dag in die skaduwee van die
groot Kameeldoringboom in die middel van ons kampplek te skuil. Die pragtige
groen natuurskoon vergoed die egter by verre vir hitte. En die vassit? Wat ‘n
avontuur en storie om oor te vertel!
Gedurende die
volgende Julie besoek ons Zimbabwe. Ons verkluim byna by die Matobo kamp. Die
toer is verder deur Hwangi, deur Chobe (rivier pad) en die
Caprivi (Nambwa Kamp) na Etosha. Ons sien baie wild oral en geniet veral
beindruk Masuma Dam in Hwangi, terwyl ons Sinamatella Kamp baie geniet. Chobe
is altyd ‘n besonderse aantrekking maar hier is die verskil tussen Winter en
Somer weidingstoestande is groot. Chobe is neerdrukkend droog en laat ons terug
dink aan hoe mooi dit is na die reen. Horshoe Bend op die Kwando rivier naby
die Nambwa kamp is wonderlik en Etosha is natuurklik altyd iets besonders. Ons toer weereens lekker maar die Winter
toestand in Chobe bly maar in ons agterkoppe.
Nie lank daarna
nie, ry ons weereens op Kersdag, Botswana by die Bray grenspos binne. Dit is Somer
en reenseisoen. Ons weet
sommer dat dat ons weer baie water gaan raak ry maar weet ook dat dit bydra tot
die avontuur – op voorwaarde dat jy daar deur kom. Ons ry ons vas teen ‘n “meer” wat ons pad versper en byna, byna
wil ons saamstem dat “’n mens nie
Botswana besoek in die reenseisoen nie”! Ons vind egter ‘n ompad en die
avontuur gaan voort! Die veldtoestande is prentjie mooi vanaf Maghoto
(Community Campsite) deur Savuti tot by die asemrowende Chobe. Te spyte daarvan
dat die wild hierdie keer (as gevolg van die wonderlike veldtoestand effens
minder is, het ons wonderlike ervarings. Ons sien by verskeie geleenthede wilde
honde, olifante, buffels, leeus (sonder dat daar 100 voetuie om hulle parkeer
is) en die”gewone” wild en baie REEN. Die
omgewing is so mooi dat ons ‘n groot blymoedigheid ervaar en die tyd geweldig
geniet. Die kersie op die koek is toe, op ons laaste dag, n groot trop buffels,
laat middag teen die Chobe rivier af by ons kamp verby gewei kom en ‘n trop
wilde honde in die teenoorgestelde rigting die buffels tegemoet gaan. Die
“hello” sê is vriendelik kortstondig en elkeen gaan
voort in hulle eie rigting. Sal ek weer in die reensseisoen deur Botswana toer.
Verseker maar!!!!!
In die boek van
John Krakauer “Into the Wild” oor die lewe van Chris McCandles skryf hy dat sy
laaste woorde, voordat hy eensaam van uitputting en koue omgekom het, was
“Geluk is alleenlik moontlik indien dit met iemand anders gedeel kan word”! Dit
is my ondervinding dat dit nie saak maak waarheen jy toer en hoe veeleisend of
maklik ‘n toer is nie, maar jou reisgenote is absoluut bepalend van die genot
van die toer!