Thursday, February 26, 2015

BOTSWANA 2015 – WEER IN DIE SOMER (en in Kort)

Neem kennis van ons vuurtjie. Gaan nog Braai!!!

Verskuil onder die braai plek van ons kamp by Ihaha beur die droë Mopaniehout vuurtjie moedig voort teen vlaag op vlaag swaar reen buie wat van Wes na Oos al langs die Chobe rivier  en oor ons beweeg. Solms en my oë draai heen en weer vanaf die vlae harde reen, wat geen tekens van ‘n einde toon nie, 
Toeriste op Wild (Reen??) kyk rit.







Vroeër vanmiddag is ons uit Kasane weg en het ons die toeneel van toeriste op wildkykvoertuie toegewikkel in  reenjaste, soos nat hoenders op ‘n stellasie, in hierdie gietende storm reen nogal erg ammusant gevind. Paaie het vinnig verander in strome. Reeds vroeer op ons reis het ons swaar reen gehad, maar dit is seker te wagte want dit is dan Botswana se reen seisoen.

Die vraag is dan: “Nou waarom besoek ;n mens Botswana in die reenseisoen?” Want…………………..!

Op 24 Desember vertrek Solms, Alitha en hulle kinders Gerhard en Anna-marie vanaf Durbanville en ek vanaf Port Elizabeth. Ons hou ons ou Kersaand ete by die Neutedop Gastehuis op Vryburg. Kersdag steek ons die grens oor by Bray en ry met ‘n tipiese Botswana sandpaadjie oor Khakhea en Sekoma na Ghanzi. By die Tautona Lodge kampplek sluit Michael en Heidie Ansley en hulle kinders Owen, Aden en Mika by ons aan. Ons toer is nou voltallig. Sewe volwassenes en vyf kinders in ‘n Toyota Fortuner, Toyota Raider en ‘n Landrover Discovery 3. Goeie teelaarde vir die gewone (goedige) aanmerkings. Van hier af ry ons die volgende dag na Maun waar ons by Audi Kamp oornag nadat ons die kamp geriewe beproef het. Heerlik! More is dit Moghoto, n Kwai Gemeenskaps Kamp. 
Die ondersoek span.




Die bevinding!
Ten spyte van vrese oor moeilike diep water ry ons voorspoedig – tot ‘n groot 4x4 vragmotor ons van vooraf bereik. Goeie teken! Dit beteken tog seker dat die pad verder noord oop is, maar die vragmotor stop. Enkele kilometers verder is die water te diep en hy het eerder besluit om terug te draai Maun toe. Ons ry egter voort en kom by die water. Vele tekens van spore wat u-draaie gemaak het stook al reeds ‘n negatiewe gees. Solms en Michael toets die bodem soos wat dit goeie 4x4ders betaam. Die eerste stukkie lyk nogal belowend maar halfpad sak die twee skielik middellyf se koers in die water in. Te diep en modderig. Is dit die einde van die Botswana vakansie waarna ons soooo uitgesien het? Die bestuurder van die vragmotor het egter gemeld dat daar erens ‘n ompad is en ons gaan soek. Na ‘n wye draai kom ons aan die anderkant van die water op die pad en ry ewe triomfantelik voort. Teen middag bereik ons kampplek nommer twee op die Kwai Rivier. Ons tuiste vir drie dae. Te pragtig. Moghoto is alles en meer as wat ons gehoor het en dit hou vir ons twee verassings in – nee drie! Ons slaan kamp op en probeer dit so veilig moontlik maak teen die inwonende Hiënas. Verder besluit ons om, vir veiligheid elke aand voor donker klaar te braai en te eet! Alles werk volgens plan. Ons eet na sononder. Die hyena daag bietjie later op, kou aan Michael se vrieskas en aas lekker biltong. Nodeloos om te se, die vrieskas is nie weer buite gelaat is nie en die besoeker was elke aand op sy pos,
Gereelde Besoekers.
Ons sien die normale vlakte wild (rooibokke, zebra’s, kameelperde, waterbokke, koedoes) seekoeie en ‘n verskeisdenheid van voëls (fisante, neushoring voels, wilde makoue, lel kraanvoels, oop bek ooievaars, langtone, kolganse, eendjies, kiewiete, dikkoppe, en verskillende roofvoëls).  Die twee meer aangename verassings  is die trop wildehonde wat ons naby ons kampplek raakloop (en wat later besoek kom aflê by ons kamp) en letterlik honderde Geelbek Woue wat vlieende rysmiere jag. ‘n Fotograaf se droom!!

Na drie dae in hierdie paradys vertrek ons na Savuti waar ons net vir een nag oorstaan. Die omgewing bly ongelooflik mooi groen en in teenstelling met die winter maande wil mens se gees sommer spontaan sing “Al die veld is vrolik”! Op pad kry ons verskeie olifante, een wat glad nie gelukkig met ons skielike verskeining is nie en dit duidelik wys. Ons toon eerbare respek en laat toe dat die reus se bloeddruk eers bedaar voordat ons verby skuur. Kort voor Savuti kry ons ses leeus wat, dik gevreet, dig by die pad, in die koelte van ‘n boom lê. Te pragtig. Die middag word ons weereens vereer met die besoek van ‘n trop wilde honde en na donker kom die inwonende hyena ook besoek afle.

Naby Savuti.
Ons pak die volgende oggend op om na Ihaha op die Chobe rivier te ry. Skielik raak ons goedige gespot met die Landrover ‘n bietjie te na aan die been, toe dit viervoet vassteek – duidelik alternator, elekties en gevolglik elektroniese probleme hier in die middle van nerens (bykans 200 km vanaf Maun en 170 km vanaf Kasane) en met geen selfoon ontvangs nie. Na ons eie onsuksesvolle pogings gee die Savuti kantoor vir ons die nommer van ‘n werktuig kundige van Maun en kontak word gemaak. Daar is hoop. Om ‘n lang storie kort te maak, bly die Ansleys vir vier dae op Savuti agter in afwagting van onderdele voordat hulle verder kan reis.

Chobe leeus met kroos
Teen middag vertrek die twee Toyotas na Ihaha met die “Sand Ridge Road”. Na baie modder poele en sand spore bereik ons Ihaha. Ons kamp (Nommer 4) verleen ‘n pragtige uitsig oor die Chobe rivier en oor die vier dae wat ons daar uitspan is ons weer bevooreg om (anders as die “gewone” wild – sooo bederf) verskeie leeus van naby te beskou (en sonder dat dit toegepak is met honderde ander voertuie). As gevolg van die vroeë reens en pragtige veld toestande is daar is merkbaar minder olifante teen die rivier as in die verlede. Op die terugreis vind ek egter olifante al langs die pad sover Suid as Nata (300 km). Op Ihaha word ons ook elke aand deur die inwonende hyenas besoek. Op die laaste aand, terwyl ons rusrtig ‘n skemerkelkie sit en geniet en die pragtige natuur bewonder, kom ‘n groot trop buffels uit die Ooste teen die rivier af gewei in die rigting van ons kamp. Terwyl ons, ons in die verskysel verlustig, verskyn ‘n trop wildehonde vanuit die Weste en beweeg in die rigting van die trop buffels. Wyslik besluit die wilde honde egter om die groter spesie te respekteer en nie skoor te te soek met die buffels nie en draf styf teen hulle verby.
Buffels met wildehonde wat kom kennis maak.

Net terloops, terwyl mense op forums dikwels kritiek het oor netheid van die Botswana Parke se ablusie geriewe, was dit gereeld skoon gehou tydens ons besoek!

Solms en Alitha vier hulle 18de huweliksherdenking by die Chobe River Safari Lodge op Kasane en Pappa word gelukkig uitgenooi. Heerlik!

Die volgende oggend is ek hartseer om afskeid van my kinders wat hulle reis voortsit deur die Caprivi na Ngepi en Drotski’s Cabins voordat hulle terug keer na Durbanville, asook dat hierdie wonderlike seening op die Chobe nou tot ‘n einde kom. Soos gesê word:”Vreugde is net werklik vreugde as dit met iemand gedeel kan word”. Hierdie toer het aan alles voldoen!


Die volgende dag vat die lang pad Suid, Port Elizabeth toe en ry die 2200 km huistoe oor twee dae.













No comments:

Post a Comment